Een dag lank gelede – 2004 om presies te wees - nadat Ilse Cilliers haar suksesvolle strategiese kommunikasiemaatskappy gestig het, het hierdie koninginbytjie besluit om haar onderneming na ʼn volgende vlak uit te brei en na die wêreld van grafiese ontwerp te vertak. Sy begin ʼn klein studio, RoundOne, en bied van die staanspoor af vars, vernuwende, oorspronklike en ongeëwenaarde grafiese ontwerpdienste aan haar kliënte.

Alles verloop glad. Goeie nuus versprei vinning, en kort voor lank stel Ilse meer werkerbytjies aan om by RoundOne se byenes van aktiwiteite aan te sluit. Die res is soos hulle sê ou nuus. Binne ʼn paar jaar het RoundOne gegroei tot ʼn krag waarmee rekening gehou moet word, en ʼn indrukwekkende lys kliënte en ʼn uitgebreide portefeulje opgebou.

Vandag lewer die span vroue by RoundOne wêreldgehalte visuele kommunikasiedienste waaronder ʼn verskeidenheid grafiese ontwerpoplossings, publikasie-ontwerp, webontwerp en baie meer -  alles om aan jou persoonlike, begrotings- en tydsbehoeftes te voorsien. Ons sustermaatskappy, ICSC, speel steeds ʼn belangrike rol deur ʼn strategiese kommunikasiediens aan te bied.
Lees meer oor hoe ons werk, en hoe jy, die kliënt, altyd ons hoogste prioriteit is en ook ʼn onlosmaaklike skakel in die strategiese en skeppende ketting bly. En loer gerus na ons portefeulje – dis ʼn groot verrassing!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ICSC