By RoundOne gaan niks ons keer om jou handelsmerk van niks tot nis te verander nie! Of jy nou ʼn splinternuwe ster op die horison is wat nog ʼn identiteit moet skep, of net ʼn hupstoot aan jou moeë handelsmerk wil gee, ons sal jou ondersteun om jou onderneming te laat floreer.
Ons dienste behels:
Grafiese ontwerp
Wat is ons kundigheidsvlak? Dit is eenvoudig. Dit waaroor jy net droom, dit is wat ons vir jou kan doen. Benewens die werklike grafiese ontwerp het ons ook ʼn span skeppende en bekwame kopieskrywers en taalversorgers wie se hande jeuk om jou handelsmerk net so goed te laat klink as wat dit lyk.
Webwerwe
Wil jy op die www wees? Ons bied ʼn omvattende pakket aan vir die skepping van jou webwerf wat onder meer behels ontwerp, kopie, ontwikkeling, gasheer wees en instandhouding – of net komponente daarvan.
Strategiese kommunikasie
ICSC, ons sustermaatskappy, sal ʼn kundige ontleding van jou onderneming maak en strategiese raad oor jou onderneming se kommunikasiebehoeftes gee.