Onkonvensioneel, vernuwend, oorspronklik en energiek: vier van ons aantreklikste eienskappe. Ons stel jou graag voor aan ons span formidabele vrouens wat nie net baie verstand het nie, maar wat ook spiere kan bult om ʼn uitstaande eindresultaat te lewer.
Welkom by RoundOne, die grafiese ontwerpstudio wat deur ʼn groep dapper dames bestuur word. Ons is trots op ons astrante, slim ontwerpe wat doeltreffend kommunikeer. Ons hou van niks meer as die breë glimlagte van tevrede kliënte vir dienste gelewer soos korporatiewe identiteit, webontwerp, publikasie-ontwerp en baie meer nie. Ons wêreld draai absoluut om jou en jou unieke grafiese ontwerpbehoeftes.
Benewens die vervaardiging van die mees vernuwende visuele kommunikasietoepassings (gewoonlik geskep van ʼn krabbel of twee – ʼn noodsaaklike stap in die kreatiewe proses), verskaf ons ook strategiese kommunikasiedienste gelewer deur ons sustermaatskappy, ICSC. Dit beteken jy kry ʼn eenstop-al-wat-jy-nodig-het-kommunikasie-aanbod wat ʼn volledige pakket lewer – net soos jou hart verlang en wat nie te versmaai is nie.
Sit terug, ontspan, en lees deur ons webwerf om ons bietjie beter te leer ken, wat ons doen en wat ons al gedoen het. As jy genoeg gesien het en oortuig is, kliek op ons knoppie en laat die wiele rol vir die transformasie van jou handelsmerk.